
Laerskool Totius is 'n skool van uitnemende gehalte. By ons leerdergesentreerde skool, met opvoeders as rolmodelle en 'n meelewende ouergemeenskap, voed ons leerders in Afrikaans en in geborgenheid in hulle volle menswees op om diensbaar te wees in die Suid-Afrikaanse werklikheid. Ons bevorder hoë morele waardes en skep ruimte vir verskillende godsdienste.
Respek vir mense en die omgewing
Wanneer ons na Laerskool Totius kyk, sien ons 'n skool beskryf in nege artikels. Tik 'n syfer om dit te lees.
'n Skool van uitnemende gehalte, wat innoverende, eietydse opvoeding en onderwys, die doeltreffende implementering en monitering van die kurrikulum, en visioenêre, vernuwende en verantwoordelike beheer en bestuur, met sensitiwiteit vir diversiteit, insluit.
'n Skool waar die beste belang van ons leerders in die middelpunt staan van alles wat ons doen.
'n Skool waar opvoeders in goeie omstandighede werk en op innoverende wyse as rolmodelle funksioneer.
'n Skool waar ouers meelewend en konstruktief saam met die skool dink en doen.
'n Skool waar hoë morele waardes uitgeleef word en waar ons leerders hierdie waardes aanleer, insluitende respek vir mense en die omgewing, integriteit, eerlikheid, betroubaarheid, nie-diskriminasie, gehoorsaamheid, lojaliteit en diensbaarheid.
'n Skool waar leerders in geborgenheid en veiligheid tot hulle volle potensiaal in hulle volle menswees opgevoed word, met 'n gesonde balans tussen die verskillende fasette van hulle lewens (intellektueel, fisies, geestelik, sosiaal en kultureel).
'n Skool waar leerders opgevoed word om later gemaklik, suksesvol en met vertroue te kan funksioneer in die Suid-Afrikaanse werklikheid binne die vroeg-21ste eeuse wêreldwye gemeenskap.
'n Skool waar daar ruimte is vir opvoeders en leerders om hulle godsdienstige oortuigings uit te leef, sonder dwang, en met respek teenoor die godsdienstige oortuigings van minderhede sowel as die meerderheid.
'n Skool wat Afrikaans as onderrigtaal gebruik, binne die ruimte van die taaltransformasieplan.


Liefde vir ons Hemelse Vader, vir Sy Woord, vir Sy Werk.
Liefde vir wat ons doen, soeke na kennis en vreugde in leer en werk.
Liefde vir ons medemens; om goed te doen, om te gee vir ander en gesonde gesindhede te kweek.
Liefde vir 'n sterk, gesonde liggaam en gees; deur sport, spanwerk en ontspanning.
Liefde vir ons land en die natuur, sy mense en ons taal.
Liefde en waardering van ons gesin.
Liefde vir alles wat mooi, eerbaar en opreg is.
Kom lees oor ons geskiedenis, of kontak ons kantoor vir enige verdere navrae.