
Laerskool Totius volg 'n waardegedrewe, Afrikaanse kurrikulum van graad RR tot graad 7 — met kleiner klasse, passievolle onderwysers en 'n balans tussen akademie, sport en kultuur.
Ons doel is om elke leerder tot sy of haar volle potensiaal te ontwikkel — nie net op papier nie, maar in die klaskamer, op die speelgrond en in die gemeenskap.




Vanaf 4 jaar
.jpeg&w=3840&q=75)
.jpeg&w=3840&q=75)
.jpeg&w=3840&q=75)


.jpeg&w=3840&q=75)
By Laerskool Totius kan 'n kind se skoolreis reeds in graad RR begin — in 'n warm, veilige omgewing waar kindwees gevier en elke klein tree raakgesien word.
Ons kleiner klasse gee onderwysers die ruimte om elke leerder te leer ken, selfvertroue te bou en in noue vennootskap met ouers 'n rustige eerste skoolervaring te skep.
Deur speel, verf, bou, sing, dans en beweging ontwikkel leerders vroeë taal- en getalbegrip, roetine, selfstandigheid en die sosiale vaardighede wat die pad na graad R en verder help vorm.
Toelatingsouderdom
Graad RR sluit leerders in wat voor 30 Junie van die toelatingsjaar vier jaar oud word, asook leerders wat reeds vier is en gedurende die toelatingsjaar vyf word.
Leerfokus
Kurrikulum & vakke
“Hier begin 'n reis van speel, leer, groei en behoort.”
Graad R
In graad R bou ons voort op elke leerder se ontwikkeling en lê ons die finale grondslag vir die formele skoolpad wat in graad 1 begin.
Ons onderwysers ondersteun elke kind op sy of haar eie vlak, met oop kommunikasie met ouers en 'n gebalanseerde ritme van gestruktureerde leer, kreatiwiteit en spel.
Leerders ontwikkel konsentrasie, onafhanklikheid, taal- en getalvaardighede en die selfvertroue om die volgende fase van hul skoolreis aan te pak.
Leerfokus
Kurrikulum & vakke
“Laerskool Totius – waar leerders speel-speel leer.”
.jpeg&w=3840&q=75)
.jpeg&w=3840&q=75)

.jpeg&w=3840&q=75)
.jpeg&w=3840&q=75)
.jpeg&w=3840&q=75)
Graad 1 – 3


.jpeg&w=3840&q=75)
.jpeg&w=3840&q=75)
.jpeg&w=3840&q=75)

In die Grondslagfase leer en ontdek leerders deur praktiese en kreatiewe aktiwiteite. Só word belangrike breinontwikkeling gestimuleer in 'n Afrikaanse skool waar elke kind saak maak.
Ons kweek reeds van jongs af waardes soos eerlikheid, respek, selfdissipline en verantwoordelikheid as deel van elke leerder se ontwikkeling. Passievolle onderwysers werk nou saam met ouers om leerders te ondersteun en te laat groei.
Wanneer 'n leerder met lees, skryf, wiskunde of konsentrasie sukkel, word die behoefte vroeg raakgesien en in vennootskap met ouers aangespreek.
Uitstappies en instappies, verf en teken, sing en dans, speel en bou, klim en klouter, fantaseer en droom — by Laerskool Totius is kindwees 'n opwindende en betekenisvolle ervaring.
Leerfokus
Kurrikulum & vakke
Graad 4 – 6
In die Intermediêre fase word leerders in kleiner klasse deur vakspesialiste onderrig. Ons onderwysers is goed toegerus, met lidmaatskap van verskeie vakorganisasies wat toegang bied tot hoë-gehalte Afrikaanse hulpbronne.
Lesaanbiedings word verder verryk deur die gebruik van tegnologie, insluitend platforms soos YouTube en Wolkskool.
Ons kweek 'n liefde vir taal en getalle, en moedig leerders aan om hul talente te ontwikkel. Leerders neem jaarliks deel aan kompetisies soos Wen-met-jou-pen en die SAMF-wiskunde-uitdaging.
Waar 'n leerder ekstra akademiese of emosionele ondersteuning nodig het, werk vakonderwysers en ouers saam om die behoefte vroeg te identifiseer en gepaste hulp te koördineer.
Leer word prakties en betekenisvol gemaak deur aktiwiteite soos die kweek van plante, die verkenning van sintuie, voedselverwerking, kunsskepping en eenvoudige ingenieursprojekte.
Leerfokus
Kurrikulum & vakke






Graad 7






In graad 7 berei ons leerders akademies, sosiaal en emosioneel voor vir die oorgang na hoërskool — met 'n holistiese benadering wat balans en selfvertroue koester.
Leerders neem jaarliks deel aan opvoedkundige kampe — 'n hoogtepunt op ons skoolkalender. Hier leer hulle verantwoordelikheid, spanwerk en selfstandigheid buite die gewone klaskamer.
Met 'n holistiese benadering tot opvoeding skep ons 'n ruimte waar gebalanseerde en gelukkige leerders kan ontwikkel tot die beste weergawe van hulself.
Leerfokus
Kurrikulum & vakke
“Ons glo dat 'n gebalanseerde opvoeding noodsaaklik is — leer en speel loop hand aan hand.”
Bly op hoogte van skooldae, vakansies, kampe en belangrike gebeure. Ouers kan kwartaaldatums en die volledige kalender op een plek vind.
Vir inligting oor inskrywing, skoolfooie en die aansoekproses, besoek ons aansoeke-bladsy of kontak die kantoor direk.