#trotsAfrikaans · Boston, Bellville

Waarelkekindgroei,leerenfloreer.

Twee Totius-leerders werk saam aan 'n kleurvolle robotikaprojek

75 jaar van liefde en lig

Sedert ons stigting, 75 jaar gelede, is Laerskool Totius, geleë in Boston, Bellville, 'n familie — waar ons saam lag, saam werk en saam wen. Ons bied gehalte-onderrig en 'n koesterende omgewing waar kinders nog kinders kan wees, met 'n balans tussen akademiese uitnemendheid en menslikheid. Hier, buite die gejaag, leer, groei en behoort ons kinders.

“Hier droom ons saam om elke individu se potensiaal te ontgin en voor te berei om ’n positiewe bydrae te kan lewer as volwassenes.”
— Mnr. H. Bester, Skoolhoof
Ontmoet ons skool, ons mense en ons hart.

Graad RR

By Totius kan jou kind se skoolreis reeds vanaf vierjarige ouderdom begin.

In ons kleiner, sorgsame klasse leer kleintjies deur spel, beweging, kreatiwiteit en ontdekking — met ruimte om selfvertroue te bou, vriendskappe te vorm en werklik kind te wees.

Toelatingsouderdom

Leerders wat voor 30 Junie van die toelatingsjaar vier word, asook vierjariges wat gedurende die jaar vyf word.

Graad RR-leerders vier geesdriftig saam voor hul klaskamer
'n Graad RR-leerder geniet die klimringe op die speelgrond
'n Graad RR-leerder vier sy vyfde verjaardag in die klas
Graad RR-leerders verf kleurvolle kunswerke saam in die klas

5 redes om Totius te kies.

Leerders in 'n grondslagfase-klas by Laerskool Totius.

Akademiese uitnemendheid

Ons leerders presteer jaar na jaar bo verwagting danksy toegewyde onderwysers wat elke kind individueel ken en ondersteun.

Jong leerders buite by Laerskool Totius.

Veilige, sorgsame omgewing

By Totius weet elke kind dat hy of sy saak maak. Ons skoolkultuur is gebou op respek, veiligheid en wedersydse sorg.

Jong Totius-rugbyspelers in wedstrydaksie.

Holistiese ontwikkeling

Van sport tot kuns tot akademie - ons glo dat elke kind unieke talente het wat ontdek en gekoester moet word.

Totius-leerders en die breer skoolgemeenskap tydens 'n skoolgeleentheid.

Sterk gemeenskaps­bande

Ons ouer-gemeenskap is aktief en betrokke. By Totius is dit nie net 'n skool nie - dit is 'n familie.

Jong Totius-leerders bou saam aan 'n praktiese konstruksieprojek.

Gereed vir môre

Ons berei leerders voor vir 'n wêreld wat vinnig verander - met kritiese denke, veerkragtigheid en selfvertroue.

Wat ons ouers en voogde sê.

Stemme uit die Totius-familie — waarom ouers hier tuis voel.

Die Totius-koor tree voor ouers en die breër skoolgemeenskap op.
Laerskool Totius is ’n ongelooflike skool. Onder leiding van die hoof en ongelooflike personeel wat werklik omgee en betrokke is, kies ons Totius weer en weer! ’n Skool wat ons kinders steeds waardes leer, hul gegrond hou en soos ’n tuiste voel! Dankie Totius!
Bianca Basson
Ons het verby twee groot skole gery om by Totius uit te kom. Van die begin af was daar ’n gevoel van sterk waardes, gegrond in Christelike beginsels. Die kleiner klasse maak dit moontlik vir kinders om raakgesien te word as ’n individu eerder as net nog ’n nommer.
Vermeulen-gesin
Van graad RR tot graad 7, elke leerder word op sy/haar naam geken. Leerders word aangemoedig en ondersteun om deel te neem en te presteer. Akademie, sport en kultuur is die drie pilare waarop die skool gebou is. Dankie Totius!
Jaco en Lydia Calitz
Daar is ’n rede hoekom ons praat van die Totius-familie! Wat ’n wonderlike groep onderwysers en ouers. Ek is diep dankbaar vir ’n skool waar ons kinders nie net nóg ’n nommer is nie, maar waar hulle geken en raakgesien word. Dankie Totius, ons kiddos is SO gelukkig by julle ♡
Tania Murray